<%@ Language=VBScript %> <% dim DocPath DocPath = Server.MapPath("eredienste/html") %> Gereformeerde Kerk Randburg | Reformed Church Randburg

IN DIE NUUS

Nico Botha

'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif

SO ‘N BONUS IS MOS NIE MEER MERIETE NIE !!

Vyf topbestuurslede van die Johannesburgse metropool se 'meriete bonusse' is aan die begin van die week bekendgemaak : dit wissel tussen R71 500.00 en R 130,000 ! Niemand moet enigsins twyfel oor die groot verantwoordelikheid wat sulke senior bestuurders dra nie, en hoeveel hulle en hulle gesinne moet opoffer om die bestuur van die grootstad vlot te laat verloop nie.

Ons moet dan ook nie sommer as vanselfsprekend aanvaar dat hulle maandelikse salaris getuig van die gemeenskap se opregte waardering vir toewyding en vir noukeurige werk nie. Ons moet sekermaak dat dit so is, want die arbeider is sy loon waardig.

Maar ‘n bonus van R 71,500 of R88,400 of R110,000 is eintlik maar net so onrealisties as wat ‘n bonus van R 130,000 is. Dit getuig nie meer van die ontvanger se nougesette diens nie, maar eerder van die onverantwoordelikheid en spandabelrigheid van die raad wat besluit het oor die bedrag van die bonus.

Vergeet mense dan werklik dat belastingbetalers eintlik maar hulle geld aan die raad oorbetaal sodat dit namens hulle in die belang van almal in die stad spandeer kan word ?Daar kan mos geen meriete wees vir die uitbetaling van bykans ‘n halfmiljoen rand aan 5 persone terwyl daar soveel verdienstelike persone en programme is wat nie die nodige aandag of verdiende erkenning kry nie. !

Ook wanneer erkenning gegee word aan troue diens, moet die werklikhede in berekening gebring word.

Sulke buitensporige bonusse wat mense ontvang, sê ook baie van die ontvanger se hebsug. Dis so moeilik vir ons om nie net aan ons eie belang te dink nie, maar ook aan die ander se belang.

As jy wil nee sê vir geld moet jy dit betyds doen. Betyds luister na die Here se vermaning : "Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het." (Hebr. 13 : 5). Maar ons moet ook baie noukeurig luister na die vermaning om nie verkwisters van sy gawes te wees nie. Weet die raadslede van ons stede en dorpe dit ?