IN DIE NUUS
Nico Botha
'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif
Onthou as jy Bybellees: Dit is die Bybel!
Van verskillende kante af is gevra dat die moontlikheid ondersoek word om die eedswering tydens verhore in die hof, af te skaf. Sommige vra die ondersoek omdat Jesus gesę het : "Moet gladnie 'n eed aflę nie". Ander motiveer dit deur daarop te wys dat so 'n eed 'n gewetenlose mens nie sal afskrik om vals getuienis af te lę nie. Nog 'n argument is dat so 'n eed soms kan beteken dat die Naam van God ydellik gebruik word, byv. as ongelowiges ook maar prewel : "So help my God" . Miskien is dit maar net nog 'n poging om seker te maak dat almal sal besef ons leef in 'n sekulęre staat waarin geloof en godsdiens nie amptelik 'n plek het
nie !
In Dinsdag se "Beeld" skryf prof. Amie van Wyk oor die Bybel, die Woord van God .
Prof. Van Wyk lewer in die "Godsdiens-aktueel" rubriek 'n suiwer en duidelike getuienis oor hoe ons die Bybel met vertroue as die onfeilbare selfbekendmaking van God kan aanvaar. Hy noem sy getuienis 'n "derde benadering" in plaas van die twee dwaalrigtings wat deur ander voorgestaan word, naamlik die kritiese benadering en die fundamentalistiese benadering tot die Bybel.
-
Vir baie maande nou al , probeer 'n groep predikante en teologiese professore om die Bybel so verdag as moontlik by christene te maak.
In hulle kritiese benadering aanvaar hierdie teoloë van die sogenaamde nuwe hervorming dat die Bybel baie historiese onjuisthede en weersprekings bevat. Die Bybel , moet met suspisie benader word, want die węreldbeeld van die Bybel is mitologies van aard en hierdie mites moet eers herintepreteer word word as jy dit reg wil verstaan.
-
Teenoor die kritiese benadering staan die fundamentalistiese siening wat 'n letterlike verklaring van elke versie in die die Bybekl verkies. Daarom gebeur dit meermale dat hulle tekste buite verband aanhaal.
Alhoewel hierdie siening baie sterk die gesag en die betroubaarheid
van die Bybel handhaaf, lei dit tog daartoe dat net soos die kritisisme
"die lewende Woord van die lewende God" afhanklik gemaak word
van 'n selfontwerpte beskouing oor die Skrif. Dit kan maklik ook
daartoe lei dat selfs botsende sienings op die Skrif gegrond word.
Die derde benadring is dan dat die Die Bybel met vertroue en as normatiewe teks vir ons geloof tot saligheid aanvaar word.
Met hierdie enadering word die Bybel gesien as geloofsboek waaruit ons God ken in die bekendmaking van Homself en sy wil, en daar word reening gehou nie net met die konteks van 'n teks nie, mar ook met die verkillende genres wat in die Bybel voorkom. Prosa het ander verstaansreëls as wat geskiedskrywing of poësie het. Dit maak 'n verskil of iets in Openbaring gesë word of in Prediker of in Josua. Alles in die Bybel lę nie op dieselfde vlak nie.
Die Heilige Gees oortuig ons dat God se laaste, hoogste en belangrikste Woord in Christus te vind is.
"In Hom sien ons die hartklop van die Vader en hoor ons die stem van die lewende God", skryf prof. Van Wyk.
Dis duidelike taal in 'n troebel diskussie.