<%@ Language=VBScript %> <% dim DocPath DocPath = Server.MapPath("eredienste/html") %> Gereformeerde Kerk Randburg | Reformed Church Randburg

IN DIE NUUS

Nico Botha

'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif

"BESKERM ONS KINDERS"

'n Tweejarige dogtertjie het verlede Saterdag in Pretoria 'n plakkaat vasgehou met die woorde daarop : "Beskerm ons kinders".
Dit was deel van Finesse en die ATKV Dames se protesoptog teen die verkragting van kinders. Vir baie van ons is protesoptogte en plakkaatswaaiende betogers nog "kultuurvreemde" verskynsels, maar die erns van die misdaadsituasie dwing mense om hard en duidelik optrede te eis. Die klein Abygail wat die plakkaat vashou waarop vir haar en haar maatjies se veiligheid gepleit word, word groot met hierdie vorm van openbare protes.
In sy antwoord het minister Buthelezi gesê dat kinderverkragting en molestering die top van 'n ysberg in "'n oseaan van armoede en slegte maatskaplike omstandighede is" (Beeld 28 Oktober).
Die minister weet dat dit is hoe droewig die prentjie is .
Die foto van een mooi skugter dogtertjie beeld 'n verskriklike toneel van honger en verwaarlosing en armoede en ordelose sedeloosheid uit.

Daarom is dit goed dat 'n versoekskrif met 15 000 handtekeninge oorhandig kon word sodat die "top van die ysberg" aandag kan kry.

Dit onderstreep 'n paar waarhede :

Maar die ander deel van die prentjie is ook waar :
Terwyl ons pleit "Beskerm ons kinders", moet ons hand in die sak steek en arms uit die moue uitkry, en werklik iets aan die armoede en maatskaplike ellende van miljoene in ons land begin doen. As ons maak asof die ysberg nie bestaan nie, gaan dit ons verpletter, met ons pragtige kinders saam met ons !