<%@ Language=VBScript %> <% dim DocPath DocPath = Server.MapPath("eredienste/html") %> Gereformeerde Kerk Randburg | Reformed Church Randburg
IN DIE NUUS

Nico Botha

'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif

DAAR IS HOOP VIR MOORDENAARS !

"Beeld" het Maandag berig oor Amanda wat na 7 jaar in die gevangenis op parool vrygelaat is. Sy was 18 jaar oud toe sy destyds skuldig bevind is aan moord op haar suster en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Vir so 'n jongmens wat tydens 'n rusie haar suster se lewe geneem het, was dit sekerlik sewe baie lang jare. Normaalweg is dit van die mooiste jare van 'n mens se lewe. In 'n tronksel sal dit seker die heel moeilikste sewe jaar van 'n jong dame se lewe wees. Ons wat nog nie 'n nag in 'n sel deurgebring het nie, kan ons hoegenaamd nie indink hoe dit nag vir nag moet wees , meer as 2500 dae en nagte lank !

Maar dit is nou verby ! Sy is vry binne die perke van haar paroolvoorwaardes en is terug in die huis waar haar suster destyds in har arms gesterf het. Nou begin haar lewe as jong dame eintlik eers en kan sy begin om die matriek wat sy in die gevangenis geslaag het, en ook haar opleiding daar in die grimeerkuns en as haarkapper ten volle te benut.

Haar aanpassing in 'n samelewing wat intussen so drasties verander het, sal nie aldag maklik wees nie ---sy het haar vonnis begin uitdien kort nadat die politieke en maatskaplike veranderinge na 1994 begin het. Mense dink en leef in ons land nou al baie anders as destyds kort na die geboorte van die "Nuwe Suid-Afrika". Maar al sal dit sekerlik nie elke dag gladweg vir haar verloop nie, daar is beslis hoop vir Amanda en vir almal wat soos sy aan moord of 'n ander ernstige oortreding skuldig bevind is.

Sy en alle ander moordenaars kan vir seker weet

Die vraag is net :

Is ons mense gewillig om 'n moordenaar wat klaar haar straf uitgedien het, te aanvaar en by te staan ?

As ons haar kan aanvaar , is daar beslis vir haar en ander soos sy hoop. Want by God is daar sekerlik vergifnis en 'n nuwe lewe !