<%@ Language=VBScript %> <% dim DocPath DocPath = Server.MapPath("eredienste/html") %> Gereformeerde Kerk Randburg | Reformed Church Randburg

IN DIE NUUS

Nico Botha

'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif

LAAT U KONINKRYK KOM... OOK TYDENS DIE SINODE VAN DIE N.G. KERK !

In Pretoria is sowat 400 afgevaardigdes hierdie week in sinode saam uit die 11 streeksinodes van NG Kerke in ons land.
Dis 'n baie belangrike kerklike vergadering nie net vir lidmate van die Nederduits Gereformeerde kerke nie, maar vir elke christen in Suid-Asfrika, veral vir elke Afrikaanssprekende christen.
Die grootste deel van die Christelike kerk onder Afrikaanssprekendes in ons land is lidmate van 'n Ned. Geref. gemeente , en die sake wat deel van die agenda van hierdie sinode vorm, wys dan ook duidelik waarmee die kerk in Afirkanergemeenskappe in ons tyd worstel en waarvoor hulle antwoorde soek.

Die Sinode word gevra om besluite te neem oor:

Dit bly altyd die verantwoordelikheid van elke gelowige om in die lig van God se Woord oor hierdie en alle ander lewensbelangrike vrae 'n Skrifgetroue antwoord te kan gee. Daarom moet ons as kerke ook nie maar sommer alles na die sinode deurstuur vir antwoorde nie. Ons behou ons verantwoordelikheid , ook as plaaslike kerke en kerkrade.

Maar as 'n saak tog deel van die agenda van 'n sinode vorm, kan ons nie anders as om kinderlik neer te kniel en te bid dat die Here die afgevaardigdes in Pretoria deur sy Gees so sal lei dat hulle aan die Woord sal vashou, daarin insig sal hê en onbevreesd in gehoorsaamheid aan God se Woord besluite sal neem nie. Mag dit alles besluite wees wat helder en duidelik is, en rigting sal gee aan almal wat die gesag van God se Woord handhaaf en Jesus Christus as die enigste Hoof van die kerk erken. Hy is die Koning wat in sy kerk regeer, en alle besluite van kerklike vergaderings moet wys dat sy koninkryk, sy heerskappy al hoe duideliker tot openbaring kom.

As lidmate van die Gereformeerde Kerke bid ons opreg vir die Algemene Sinode van die Ned. Geref. Kerk hierdie week in Pretoria : "Here, werk so deur u Gees en u Woord in elke afgevaardigde, dat ons almal sal kan sien hoe u koninkryk kom !"