<%@ Language=VBScript %> <% dim DocPath DocPath = Server.MapPath("eredienste/html") %> Gereformeerde Kerk Randburg | Reformed Church Randburg

IN DIE NUUS

Nico Botha

'n Paar gedagtes oor nuusgebeure in die lig van die Skrif

WAAR DAAR LEWE IS, IS DAAR NOG ‘N TAAK

‘n Koerantberig Maandagoggend oor ‘n jongman wat al 16 jaar lank in die hospitaal verlam lê, het seker ten spyte van die begin-van-die-week se gejaag almal vir ‘n oomblik tot stilstand geruk. Karel Naude is aan ‘n asemhalingsapparaat gekoppel vir die grootste deel van sy 19 lewensjare, maar hy bly besig met die ontwerp en druk van inkleurboeke, geleentheidskaartjies, kalenders en visitekaartjies vir ‘n inkomste. Vir ontspanning speel hy skaak sedert ‘n verpleër hom twaalf jaar gelede die spel geleer het.

Dit het my dadelik laat dink aan ons lidmate in Cheshire Homes langs die gemeentesentrum wat gereeld Sondagoggende in die erediens is, selfs in die winter, en wat ‘n produktiewe lewe ly met studies, skilder, naaldwerk en baie ander vaardighede waartoe hulle ten spyte van verlamming instaat is.

Waarvoor leef so ‘n mens wat verlam in ‘n hospitaal lê of as parapleeg / kwadrupleeg met behulp van ‘n rolstoel iewers moet kom ? Want in baie sulke situasies is dit nie waar dat daar nog hoop is op herstel waar daar lewe is nie. Die skade is dikwels onherstelbaar.

Maar waar daar lewe is is daar nog ‘n taak --- in minstens twee opsigte:

Solank daar lewe is, het ons ‘n taak : om te bid en om te werk!