Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 21 Januarie

Marnitz Van Jaarsveld

Gerhardo Breed

Gerbrand Breed

Sumarie Maritz

Hannatjie Greyling (83)

Maandag, 22 Januarie

Gerhard Combrink

Dinsdag, 23 Januarie

Gert Opperman

Johan Jordaan

Michéle Barker

Charlotte Van Rooyen

Waldi Bührmann

Sannie Malherbe

Woensdag, 24 Januarie

Lunard Roux

Corné Engelbrecht

Annabelle Coetsee

Donderdag, 25 Januarie

Ethan Roos

Rudi Wellmann

André Du Toit

Johan Janse V Rensburg (71)

Mary Ann Billing (72)

Vrydag, 26 Januarie

Zanei Van Der Walt

Martin Luus

Rina Els (71)

Jaco Redgard

Saterdag, 27 Januarie

Mia Louise Du Preez

Lisa Van Der Walt

 

Ons doelwitte

Om God met alles wat ons is en het en doen te verheerlik

Ons glo dat ons deur Christus gekies en vrygekoop is sodat ons God hier op aarde kan verheerlik (Efesiërs 1).

Daarom moet alles wat ons doen daarop gerig wees. Ons hele lewe moet dus 'n ere-diens aan God wees. Hiertoe wil ons onsself toerus en mekaar daartoe aanspoor.

Om die eenheid wat die Gees tussen gelowiges gesmee het te laat groei

Ons glo dat Jesus die Hoof (kop) is en ons sy liggaam. Die Heilige Gees bind ons aan mekaar, gelowiges moet hierdie band bewaar en uitbou (Efesiërs1 en 4). Die wêreld sal weet dat ons Jesus se volgelinge is as ons mekaar liefhet (Johannes 13). As daar nie liefde is nie beteken alles wat ons doen niks (1 Korintiërs 13). Ons werk dus doelbewus daaraan om die liefde onder ons te laat groei.

Om meer en meer die beeld van Christus in hierdie wêreld te vertoon

In 1 Korintiërs 3:18 staan 'Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.' Wanneer die Heilige Gees ons nuut gemaak het, werk Hy ook in ons om hierdie nuwe lewe in ons te laat groei. Daarna wil ons strewe in ons gemeente.

Om die gawes wat die Gees aan ons gee te ontdek en dit tot sy eer aan te wend

Elke lidmaat het 'n bepaalde funksie waarvoor God hom/haar in die gemeente wil gebruik tot opbou van sy liggaam. Ons wil die ruimte skep dat elke lidmaat sy of haar gawes kan ontdek en uitleef soos die Here dit wil hê.

Om die evangelie uit te dra na hulle wat Christus nie ken nie of wat ver van Hom af leef

Die opdrag wat Christus aan sy dissipels gegee het om die evangelie uit te dra (Matteus 28) geld ook vir ons. Dit is waarvoor Hy ons geroep en gered het. Ons rus lidmate toe om die evangelie in hulle lewe uit te dra en pak ook konkrete aksies aan om hierdie blye boodskap aan 'n honger en dors wêreld te bring.