Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 21 Januarie

Marnitz Van Jaarsveld

Gerhardo Breed

Gerbrand Breed

Sumarie Maritz

Hannatjie Greyling (83)

Maandag, 22 Januarie

Gerhard Combrink

Dinsdag, 23 Januarie

Gert Opperman

Johan Jordaan

Michéle Barker

Charlotte Van Rooyen

Waldi Bührmann

Sannie Malherbe

Woensdag, 24 Januarie

Lunard Roux

Corné Engelbrecht

Annabelle Coetsee

Donderdag, 25 Januarie

Ethan Roos

Rudi Wellmann

André Du Toit

Johan Janse V Rensburg (71)

Mary Ann Billing (72)

Vrydag, 26 Januarie

Zanei Van Der Walt

Martin Luus

Rina Els (71)

Jaco Redgard

Saterdag, 27 Januarie

Mia Louise Du Preez

Lisa Van Der Walt

 

Nuus

GESINSDIENS 28 JANUARIE TYDENS DIE 10:00 EREDIENS

Die Kerkraad wil graag sy verantwoordelikheid om ouers en kinders in hulle verhouding met die Here te begelei en toe te rus, nakom.  Daarom is ons opgewonde om n erediens, gefokus op gesinne, aan te bied.  Hierdie eredienste is daarop gemik om aan ouers en kinders Bybelse leiding te gee ten opsigte van geloofwaarhede waarmee hulle gekonfronteer word. Dit volg die gewone liturgie, maar word eenvoudiger aangebied met voldoende geleentheid vir interaksie, gesprek, verduideliking en praktiese toepassing van die geloofswaarhede.  Hoewel hierdie eredienste spesifiek op ouers en hulle kinders toegespits word, is dit nie eksklusief vir hulle nie.  Almal is welkom: Enkelouer gesinne, gesinne sonder kinders, oupas, oumas, enkellopendes ens.  Die eerste erediens vind plaas op Sondag 28 Januarie tydens die 10:00 erediens.  Volgende geleenthede sal gekommunikeer word.

VROUESAAMTREK 10 MAART 2018

 

Ons gemeente bied op Saterdag 10 Maart 2018 die saamtrek aan. Kom bespreek vanaf Sondag 21 Januarie jou plek om teleurstelling te voorkom. Spreker: Prof Fika Janse van Rensburg. Tema: Skuil onder God se vleuels (Rut 2:12). Koste: R110 per persoon. Drag: Vrolik. Hoop om elkeen van julle daar te sien!


PROJEK OM MENSE TE HELP WAT MINDER HET AS ONS

Ons wil graag help om ‘n bietjie warmte te bring in die lewens van mense wat nie so bevoorreg soos ons is nie. Daar is ‘n groot behoefte aan sanitêreware by Diepsloot.  Ons het dit goedgedink om vir geldelike bydraes te vra.  Ek sal dan die komberse/sanitêreware aankoop en dit aan Diepsloot en Helpende Hand besorg.  Bydraes kan as volg gemaak word:

1. Inbetaling in ons gemeente se Barmhartigheidsfonds.  Gebruik asseblief “Kombersprojek” as verwysing. Die bankbesonderhede is as volg: ABSA-bank, Diakonie – GKR Barmhartigheidsfonds, Takkode: 505-705, Tjekrekeningnommer: 40-8200-0901.

2. Marieta Reyneke sal vir hierdie doel ook kontant in ontvangs neem.


LUISTER NA ONS EREDIENSTE OOR DIE INTERNET

Jy kan nou na al ons eredienste regstreeks luister oor die internet! Gaan na http://gkr.sermon.net/ en luister oor jou selfoon, tablet of rekenaar. Indien jy na die skyfies ook wil kyk terwyl jy luister, gaan na http://www.gkrandburg.org.za/youtube.