GRIEFSHARE
Het jy onlangs of lank gelede ‘n geliefde aan die dood afgestaan? Kom woon die *Griefshare* program by. Wanneer: Begin Dinsdag 13 Augustus 2019 en die volgende 13 Dinsdae. Tyd: 19h00 – 21h00. Plek: Gereformeerde Kerk Randburg, 41 Derde weg, Northwold. Kontak: Elsabé Welman by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

GEOPENDE DEURE GESPREKSGELEENTHEID
Pastoor Karim Miah van Geopende Deure kom eerskomende Dinsdagaand om 19:00 met ons gesels oor hoe ons die vervolgde kerk (spesifiek in Bangladesh) kan ondersteun. As gelowiges het ons nodig om bewus te wees van al die lande waar die gelowiges vervolg word – en opnuut dankbaar te wees vir die vryheid wat ons mag beleef. Bid saam vir die vervolgde kerk!

BLOK C BYEENKOMS
Dit is alweer tyd om heerlik saam te kuier & ons geloofsbande te versterk! Sondag 18 Augustus 2019 om 11h00. Pak julle piekniekmandjies met eetgerei (slegs ʼn kleinbordjie, nageregbakkie & teelepel vir elke lid van die gesin), drinkgoed en slegs EEN gereg, genoeg vir 12 mense. Dit moet een van die volgende wees: Vleisgereg, Groente/stysel of slaai, Nagereg.
.... met net EEN voorwaarde. Jy moet dit kan opskep met ʼn teelepel 😉. Ons gaan saam “Pik & Proe” aan Blok C se gunstelinggeregte. Laat weet asseblief so gou as moontlik jul wyksleiers wat jul beplan om te bring & hoeveel mense uit jul gesin gaan saamkuier. Sien weereens uit na ʼn gesellige samesyn.

BLOK A BYEENKOMS
Alle Blok A lidmate word vriendelik uitgenooi na die volgende gespreksgeleentheid by die kerkgebou op Saterdag 24 Augustus 2019 om 15h00. Kom besin saam met ds. Charl oor die tema “Ver genoeg & Vergenoeg”.

MobieG SÊ DANKIE!
Ons gemeente is nou amptelik 5 jaar by MobieG betrokke. MobieG is ‘n aanlyn beradingsdiens waar ons - met die gebruik van teksboodskappe en die internet – gesels met mense van orals in die land en wêreld wat hulp en raad nodig het. MobieG het elke weeksaand ‘n sessie waar mense kan inskakel en gesels en ‘n groep mense uit ons gemeente hanteer spesifiek die sessie op Sondagaande. Dis ‘n groot voorreg om in die konteks van ons gemeente deel te wees van die MobieG span en om op die manier die Here se liefde aan ander uit dra en die Here se seën ook op die manier te ervaar. Ons deure is natuurlik ook altyd oop vir enige iemand wat sou belangstel om by ons span aan te sluit. Groete, Marsia Simpson.

GEMEENTEKAMP 18 TOT 20 OKTOBER 2019 BY KLEIN PARADYS
Ons kampeer weer saam vanaf 18-20 Oktober 2019 by Klein Paradys. Daar is 25 karavaan/kampeer staanplekke beskikbaar teen R990 elk vir die naweek. Daar is ook twee woonstelle beskikbaar, een is die klein damwal woonstel wat twee persone slaap teen R1440 vir die naweek en die ander een is die groot damwal woonstel teen R3120 vir die naweek. Vir meer inligting oor die oord en die fasiliteite kyk gerus na die webwerf by www.kleinparadys.com . Wat hierdie oord so gewild maak is onder andere die feit dat ons vroeg op die Vrydagoggend mag arriveer en nie noodwendig teen 11am op Sondag hoef uit wees nie. Indien jy sou belangstel om saam te kom kontak, gerus vir Andre Redgard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

GKR MUSIEKGROEP
'n Oproep aan al ons musikale gemeentelede! Ons musiekspan kort nog mense op instrumente (klavier, fluit, tjello, viool, kitaar of enige iets anders) en om te help sing, asook hulp met administrasie. Ons wil graag ons bediening uitbrei en meer liedere binne die diens begin speel, maar kort hiervoor 'n heelwat groter span. Oud en jonk is welkom! Ons sal ook graag 'n paar hoërskool leerders wil bykry. Oefeninge is weekliks voor die aanddiens, so kom val gerus bietjie in om te probeer. Kontak asb vir Anja by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om aan te meld of meer besonderhede te kry.