Taal

Teken In

Verjaarsdae

Sondag, 22 Julie

Su-Ane Van Der Merwe

Gerhard Smit (73)

Dries Du Plessis (79)

Maandag, 23 Julie

Alida Coetzee (79)

Dinsdag, 24 Julie

Gizelle Le Roux

Johannes Kruger

Wynand Van Deventer

Woensdag, 25 Julie

Talihta-Marié Grobler

Jayde Swart

Johan Bredenhann

Rynette Van Der Merwe

Donderdag, 26 Julie

Martin Nienaber

Pieter Van Wyk

Reta De Meyer

Marco Lombaard

Piet Van Rooyen (72)

Vrydag, 27 Julie

Albert Uys

Anri Joubert

Jacques Jooste

Loutjie Coetzee

Christiaan Hattingh

Jan-Rudolph Bührmann

Saterdag, 28 Julie

Ané Le Roux

Quinton Schmidt

Annemarie Van Deventer (75)

 

Laerskool

Sodra die jonges oud genoeg is, wil ons graag hê dat hulle saam met hul ouers en vriende deel aan die erediens het. Dit is belangrik dat ons kinders sien hoe hul ma’s en pa’s die erediens beleef. Die predikante onderneem dan ook om so te preek dat selfs die kleintjies kan verstaan.

Ls_Kids.png

Ons het ook ’n bediening “Laerskool Kids”, waar ons tydens die oggenderedienste blaadjies opstel wat die kerngedagtes van die oggend se erediens en preek op die laerskoolkind se vlak bevat. Ons beplan ook ’n geleentheid tydens elke Engelse erediens (een keer per kwartaal) waar ons ’n erediens gefokus op laerskoolkinders hou.

Die formele kategese begin van graad 1 af. Katkisasie is ’n hulpmiddel vir jou om jou kind na belydenisaflegging te begelei. As ons dink dat ’n halfuur katkisasie per week al is wat ’n kind nodig het om uiteindelik die Here te leer ken, maak ons ’n fout. Katkisasie help ouers slegs in hul taak.  Gebruik dus die inhoud van die boekies en voorbereiding deur die week vir gesprekke met jou kind.

Laerskoolkatkisasie (graad 1 tot 6) vind Sondagoggende tussen die twee oggenddienste plaas (vanaf 9:00). Kinders kom saam met hulle ouers ná die eerste erediens in die ouditorium vir katkisasieopening byeen, waarna die kinders na hul onderskeie klasse gaan. Daar is nie katkisasie gedurende staatskoolvakansies of oor langnaweke nie. Vir die laerskoolkinders is daar ook op Nagmaalsondae nie katkisasie nie. Die lesnommer wat behandel word, word weekliks in die nuusblad aangedui.

Daar is verder ’n jaarlikse kamp vir die laerskooljeug en gereelde byeenkomste waar hulle mekaar in die groter groep beter kan leer ken.