Bybelskool

Aandag: maak 'n nuwe venster oop! PDFAfdrukE-pos

Sal jy 'n besondere boek in die middel oopmaak en sommer begin lees? Miskien lees jy net hoofstuk 9, 11 en 17 en gaan kyk dalk weer na daardie mooi gedeelte in hoofstuk 13? Beslis nie! 'n Mens lees mos 'n boek van die begin af, en volg die natuurlike ontwikkeling van die boek....

Die Gereformeerde Kerk Randburg se Bybelskool nooi jou om saam met ons na die Bybel, van begin tot einde, te kom kyk. Kom ontdek die natuurlike ontwikkeling van die Bybel, soos dit vloei van die een boek na die ander!

In een jaar gaan ons deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en plaas ons die verskillende boeke in hulle regte konteks. So kan jy ook leer van al die wonderlike beloftes wat God in sy Woord aan ons maak.

Elke week word daar na een of meer boeke uit die Bybel uit gekyk. Die kursus inhoud en lering word vanaf die gereformeerde beskouing aangebied, met die Bybel as grondslag en die drie formuliere van eenheid as riglyne.

Kursusregistrasie vind in Januarie plaas en die kursus word tot in November aangebied (uitsluitende skoolvakansies)

Plek: Gereformeerde Kerk Randburg

Tyd: Dinsdagaande 19:00'”22:00


Die kursus word deur verskeie persone aangebied.

Dit sluit bybelkundiges, predikante en oud-professore soos Professor Jaap Helberg, Professor Bert Floor, Dr. Gert Breed, Ds. Thomas Dreyer, Ds. Charl van Rooy, Dr. Jacob Pretorius, Dr. Marina van Loggerenberg, Ds. Nico Botha, Ds. Koos Saayman en Ds. Maarten van Helden, in!

Elke week word daar van die leerder verwag om voorbereidingswerk vir die komende lesing te doen. Dit bestaan gewoonlik uit die lees van die betrokke Bybelboek en die klasnotas in.

'n Voorbereidingsopdrag word ook elke week ingehandig oor die leeswerk wat gedoen is. Dit bestaan uit enkele kort vrae en een langer vraag. In totaal moet die opdrag nie langer as 'n A4 folio wees nie.

Die kursus word in drie termyne aangebied, waarin ons die Bybel in die volgende dele opdeel:

1. Die Wet en Geskiedenis

2. Die Digterlike en Profetiese Boeke

3. Die Nuwe Testament

 

Randburg Bybelskool Detail Program:

A1 Genesis 1 tot 11

B1 Genesis 12 tot 15 

B2 Eksodus

B3 Levitikus, Numeri 

B4 Deuteronomium 

C1 Josua 

C2 Rigters, 1Sam 1'”8, Rut 

D1 1 Sam 9 tot 2 Sam 24 (1 Kronieke 1'”20) 

D2 1 Konings 1'”11 (2 Kronieke 1'”9) 

E1 1 Konings 12 tot 2 Konings 17

E2 2 Kronieke 10'”36 (1 Konings 12'”2 Konings 25) 

E3 Esra, Nehemia, Ester

F1 Psalms

F2 Job, Spreuke

F3 Prediker, Hooglied

G1 Amos, Hosea

G2 Jesaja

G3 Jeremia

G4 Vensters wat die Nuwe Testament laat oopgaan

G5 Esegiël

G6 Joël, Maleagi

G7 Daniël

H1 Matteus

H2 Markus en Lukas 

H3 Johannes 

I1 Handelinge 

I2 Romeine 

I3 1 Korintiërs

I4 2 Korintiërs 

I5 Galasiërs 

J1 Efesiërs, Filippense, Kolossense 

J2 1 en 2 Tessalonisense, Filemon 

K1 1 en 2 Timoteus, Titus 

L1 Hebreërs

M1 Jakobus, 1 Petrus 

M2 2 Petrus, Judas, 1'”3 Johannes

N1 Openbaring 1'”10 

N2 Openbaring 11 '“22