Text Box: Sal jy 'n besondere boek in die middel oopmaak en sommer begin lees?


















Miskien lees jy net hoofstuk 9, 11 en 17 en gaan kyk dalk weer na daardie mooi gedeelte in hoofstuk 13?

Beslis nie!  'n Mens lees mos 'n boek van die begin af, en volg die natuurlike ontwikkeling van die boek....

Bybelskool

Die Gereformeerde Kerk Randburg se Bybelskool nooi jou om saam met ons na die Bybel, van begin tot einde, te kom kyk.

 

Kom ontdek die natuurlike ontwikkeling van die Bybel, soos dit vloei van die een boek na die ander!

 

In een jaar gaan ons deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en plaas ons die verskillende boeke in hulle regte konteks.  So kan jy ook leer van al die wonderlike beloftes wat God in sy Woord aan ons maak.

 

Elke week word daar na een of meer boeke uit die Bybel uit gekyk.  Die kursus inhoud en lering word vanaf die gereformeerde beskouing aangebied, met die Bybel as grondslag en die drie formuliere van eenheid as riglyne.

 

Kursusregistrasie vind in Januarie plaas en die kursus word tot in November aangebied (uitsluitende skoolvakansies)

 

Plek: Gereformeerde Kerk Randburg

Tyd: Dinsdagaande 19:00—21:20

 

Die kurses word deur verskeie persone aangebied.

 

Dit sluit bybelkundiges, predikante en oud-proffesore soos Professor Jaap Helberg, Professor Bert Floor, Dr. Gert Breed, Dr. Jacob Pretorius, Dr. Marina van Loggerenberg, Ds. Nico Botha, Ds. Koos Saayman, Ds. Chris Hattingh en Ds. Maarten van Helden, in!

 

Elke week word daar van die leerder verwag om voorbereidingswerk vir die komende lesing te doen.  Dit bestaan gewoonlik uit die lees van die betrokke Bybelboek en die klasnotas in.

 

'n Voorbereidingsopdrag word ook elke week ingehandig oor die leeswerk wat gedoen is.  Dit bestaan uit enkele kort vrae en een langer vraag.  In totaal moet die opdrag nie langer as 'n A4 folio wees nie.

 

Die kursus word in drie termyne aangebied, waarin ons die Bybel in die volgende dele opdeel:

1. Die Wet en Geskiedenis

2. Die Digterlike en Profetiese Boeke

3. Die Nuwe Testament

 

 

 

Volledige Kursus