

|
Diensgroepe |
|
’n Diensgroep is mense wat dieselfde gawes en passie deel vir ’n bepaalde taak wat hulle glo die Here aan ons gemeente opgedra het.
Enige lidmaat kan dus in samewerking met die kerkraad ’n diensgroep stig en ander mense kry om saam met hom/haar hierdie doelwit na te streef.
Enige lidmaat is welkom om by ’n bepaalde diensgroep aan te sluit waar hy/sy tuis voel. Diensgroepe het sameroepers en moontlik ander funksionarisse wat elke 2 jaar verkies word. Skakel gerus met die kerkkantoor by randburg@gkrandburg.org.za indien jy by enige-een van hierdie groepe jou gawes wil gebruik. |





|
|
Diensgroep & Kontakpersoon |
Beskrywing |
|
1 |
Toerusting (Gert Breed; Etienne v Loggerenberg) |
Reël toerustingsgeleenthede vir die opbou van die gesstelike lewe van lidmate en ander. |
|
2 |
Uitreik: Koningskinders (Thomas Dreyer; Jokie Boshoff) |
Bou en versterk die kinders van Laerskool Claremont se verhouding met God en hul medemens. |
|
3 |
Webblad (Gert Breed; Jan-Carel Oosthuizen) |
Ontwikkel en hou hierdie webbald in stand sodat almal makliker inligting bekom en met mekaar kan skakel. |
|
4 |
Londen Bediening (Thomas Dreyer; Riaan Venter) |
Bevorder ons Draaipunt bediening in London as kontak en inligtingspunt, ook vir al die Gereformeerde kerke in SA. |
|
5 |
Finansies (Koos Saayman; Peet Balt) |
Hanteer al die finansiële aspekte van die kerk om te verseker dat besteding tot die opbou en uitbreiding van die Koninkryk geskied. |
|
6 |
Senior lidmate (Koos Saayman; Koos Nel) |
Laat senior lidmate die eenheid in Christus, die omgee en die liefde, beleef |
|
7 |
Uitreik: Cheshire tehuis (Koos Saayman Sarie Horn, Truus Oostenbrink) |
Verleen praktiese hulp en omgee tyd, aan ons gestremde bure in die tehuis. |
|
8 |
Vrouediens (Alle predikante; Mariaan Breed) |
Skep geleenthede waar die vroue van die gemeente en ander, die onderlinge liefde en warmte kan ervaar en mekaar beter leer ken. |
|
9 |
Admin Kantoor (Gert Breed; Ila Schutte) |
Behartig alle administrasie van die kerk. |
|
10 |
Erediens, musiek en multimedia (Thomas Dreyer) |
Besin oor Godverheerlikende eredienste wat sang en musiek insluit. |
|
11 |
Kommunikasie (Thomas Dreyer Pierre Joubert) |
Help met die beskibaarheid van relevante inligting en die doeltreffende kommunikasie binne die gemeente en na die gemeenskap. |
|
12 |
Gasvryheid (Monica Muller; Thomas Dreyer) |
Verskaf verversings tydens funksies en Sondae sodat lidmate en ander gesellig kan saam verkeer. |
|
13 |
Bates (Koos Saayman, Johan vd Wel) |
Gee aandag aan al die kerk se bates en die instandhouding daarvan. |
|
14 |
Hospitaal (Thomas Dreyer; Ben du Toit) |
Besoek weekliks pasiënte in hospitale en reël vir toerusting daarvoor. |
|
15 |
Bybelstudie (Gert Breed) |
Gee advies aan Bybelstudiegroepe en bevorder die stigting van meer groepe. |
|
16 |
Uitreik: Diepsloot (Koos Saayman; Hannes Malan) |
Bevorder die werk onder ons lidmate in Diepsloot en ondersteun die Diepsloot kleuterskool. |
|
17 |
Uitreik: Vaardigheidsklasse (Koos Saayman; Ida vd Merwe) |
Leer mense leer en skryf en naaldwerk doen. |
|
18 |
Uitreik: MES (Thomas Dreyer; Adri Hanekom) |
Ondersteun die MES aksie in die middestad van Johannesburg |
|
19 |
Enkellopendes (Chris Hattingh) |
Skep geleenthede sodat enkellopende lidmate die gemeenskap van die gelowiges beleef en toegerus kan word om ander te help. |
|
20 |
Jeug - Voorskool (Gert Breed; Charmaine vd Spoel) |
Reël vir geleentheid vir kleuters tydens eredienste. |
|
21 |
Jeug - Laerskool (Gert Breed; Nici Serfontein) |
Help met die vorming van laerskool kinders met aktiwiteite en uitstappies. |
|
22 |
Jeug - Hoërskool (Gert Breed) |
Help met die vorming van hoërskool kinders met aktiwiteite, uitstappies en betrokkenheid van jeugleiers. |
|
23 |
Jeug –jong volwassenes (Thomas Dreyer) |
Reël samekomste en uitstappies vir werkende en studerende jong mense. |
|
24 |
Katkisasie (Predikante) |
Sorg dat die katkisasie vlot verloop. |
|
25 |
Orde (Jan Schutte) |
|
|
26 |
Omgee-bediening (Gert Breed; Conway Roberts) |