Kalender

November in detail

 

1-2  November

D-Wyke kamp

Ons kamp by die Hartebeesjeugterrein. Gerieflike huisies met badkamers is beskikbaar.

Kobus van der Merwe (Imago terapie) kom met ons praat oor kommunikasie in die huwelik:
"Die huwelik: hoekom dit so 'n goeie plan is dat julle glad nie bymekaar pas nie."
Die aanbieding sal soos volg aangepak word:

'n Lesing van 1 uur.

Demonstrasie van 'n kommunikasie proses om emosionele intimiteit te verdiep.

Pare oefen dit self.

 

Ons begin Saterdagoggend 8:30 en keer weer Sondag 13:00 terug huis toe. Kom deel in die heerlike saamkuier en gesels.

 

 

8 November

Senior Lidmate Funksie

Die Senior Lidmate Diensgroep reël (DV) die laaste senior lidmate byeenkoms vir 2008 op 15 November 2008 om 12:00.  Soos ons nou al gewoond geword het, beloof dit om ʼn heerlike kuiergeleentheid te wees met smaaklike kos wat vir ons voorgesit sal word.  Teken asseblief die datum vroegtydig aan.  Iemand van ons diensgroep sal u binnekort skakel om bywoning te bevestig.  Indien dit om die een of ander rede nie gebeur nie, neem asseblief die vrymoedigheid om Stien Koekemoer – , of Lorraine Nel –te skakel om bywoning te bevestig.  Moet asseblief nie wegbly as u nie gekontak was of geskakel is nie, ons dek altyd ʼn ekstra paar plekke, en sal u baie graag daar wil hê.

 

20 November

Susters Kuier Saam

Almal vir wie dit moontlik is, is welkom om eerskomende Donderdag, 20 November, vir oulaas vanjaar gesellig te kom saamkuier in ons kerksaal. So van 10:00 tot 12:00 deel ons met mekaar die Here se genade in ons lewe en ondersteun ons mekaar. Almal is hartlik welkom! Kontak: Rieks Botha

16 November

Kerssangaand

Onthou asseblief van ons jaarlikse Kerssangdiens op 16 November, net na die aand erediens. 

Alle voorskoolse kinders moet asseblief om 4uur op die 16e November by die kerkgebou wees om vir ’n laaste keer saam te oefen.

 

 

21-23  November

Koningskinderskamp

 

23 November

Oggendnagmaal

 

23 November

B-wyke saameet

Almal wat in die B-wyke is, (werkende persone wie se kinders reeds uit die huis is) word genooi om na die tweede diens op Sondag, 23 November, saam te eet in die kerksaal.  Ons is besig om doelbewus geleenthede te skep waar ons kan saam kuier en mekaar beter kan leer ken.   Ons vra dat jy/julle dit sal bywoon indien dit enigsins moontlik is.  

Elkeen bring die volgende saam:

·        Eetgerei (Mes, vurk, lepel, borde, nageregbakkies en glase)

·        Een vleisgereg

·        Een slaai

·        Eie drinkgoed

Die nagereg sal voorsien word. Laat weet asb vir Gert/Mariaan of vir Koos/Corlia of julle dit kan bywoon ter wille van die voorbereidings.  Ons sien uit na 'n lekker kuier soos verlede keer!                      

 

 

28 November

Bybelskool Diplomaplegtigheid

 

30 November

Aandnagmaal

2008

Text Box: Interkerklike datums

GKSA 150 JAAR FEESPROGRAM:
Oor Paasnaweek: Donderdag, 9 April 2009 om 18:00 tot Sondag 12 April 2009 - afsluiting 11:00. www.gksa.org.za
Houtbybels (sien foto op afkondigings) te koop teen R370 per Bybel. Stuur bestelling deur aan Hennie Dekker.
Die bestelling vir die raampies/kassies, munte en sleutelhouers gaan na:
 Ds. CJC Roets.