Jeugbediening—Katkisasie

Text Box: In ons katkisasie gaan ons uit van die beginsels wat ons oral in die Woord van God vind.  

In Psalm 78 word dit vir ons baie duidelik gestel dat ons ons kennis van die Here en sy dade aan die volgende geslag moet oordra om daardeur by hulle die vertroue in die Here te laat groei sodat hulle Hom kan gehoorsaam.   

Ons gebruik kategesehandleidings wat op hierdie beginsels geskoei is en Kop, Hart en Hand in die onderrig wil aanspreek.