Kursusse en Kampe

In diepte kursusse

 

Pastorale Beradings Kursus

Dr Gert Breed

13 Mei, 20 Mei, 27 Mei, 3 Junie, 10 Junie, 17 Junie (6 lesings)

Hoe leef ek 'n lewe van oorwinning oor verkeerde lewenspatrone in my lewe?

Hoe help ek iemand om nuwe gewontes volgens God se Woord aan te kweek?

 

Huwelikskursus

Dr Gert Breed

15 Julie, 22 Julie, 29 Julie, 5 Augustus, 12 Augustus (5 lesings)

Kan 'n stukkende huwelik weer heel word?  Hoe kry ek genesing vir wonde van die verlede?

Hoekom vryf ons mekaar heeltyd verkeerd op?  God se pad na werklike diep eenheid en intimiteit in die huwelik.

 

Kinderopvoeding

Ds Thomas Dreyer

7 Oktober, 14 Oktober, 21 Oktober, 28 Oktober, 4 November, 11 November

(6 lesings)

 

 Kursus naam:  Effective Parenting in a Defective World

Ons leef in ’n tyd waarin die uitdagings vir ouers al hoe meer word.  Dit lyk asof hierdie węreld se chaos al  hoe erger word!   Die waarheid is egter dat die chaos en deurmekaarheid al sedert die sondeval ’n realiteit is en dat Here van toe af al in die lewe van jongmense aan die werk is! 

Chip Ingram (die huidige president van Walk Thru the Bible) deel in hierdie kursus lesse uit sy persoonlike ervaring met die groot maak van vier kinders.  Hy beskryf sy mislukkings en die uitdagings met tiener opstandigheid.  Die kosbaarste is egter die opregte eerlikheid waarmee hy die Woord van die Here     verklaar en toepas.  Die hand van God word baie duidelik sigbaar as Hy die deurdringende waarheid van    die Woord laat skyn op praktiese situasie wat na vore kom in die groot maak van ons kinders. 

 

 Die kursus word soos volg uiteengesit:

Sessie 1-4:  Oorkoepelende beginsels wat jou verstaan van die rol van die ouer en God se rol in die proses   van kinders groot maak sal laat groei of totaal en al verander!

Sessie 5-7:  Praktiese lesse rondom dissipline sowel as ’n Bybelse perspektief op dissipline.  Hoe om   dissipline te gebruik.  Wat moet my houding wees teenoor dissipline as ouer?

Sessie 8-9:  Vyf gladde steentjies vir ouer wees.  Daar is so baie inligting rondom ouer wees.  Hierdie   sessie probeer dinge eenvoudig saamvat op ’n manier wat jy dit kan onthou.  Jy kry eenvoudige sleutels om aan vas te hou as dinge rof raak.

 

Kampe  in die gemeente

 

 

Jongwerkendes:

12 - 14 September

Waar:

Zarivongo Kampterrein naby Hartbeespoortdam.

Wat dit gaan kos:

R250 per persoon

 

 

D-wyke:

31 Oktober tot 2 November

Bybelskool

 

Die Gereformeerde Kerk Randburg se Bybelskool nooi jou om saam met ons na die Bybel, van begin tot einde, te kom kyk.

 

Kom ontdek die natuurlike ontwikkeling van die Bybel, soos dit vloei van die een boek na die ander!

 

In een jaar gaan ons deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en plaas ons die verskillende boeke in hulle regte konteks.  So kan jy ook leer van al die wonderlike beloftes wat God in sy Woord aan ons maak.