Text Box: Voor op die katkisasie handleidings sien ons die prentjie met die woorde KOP, HART, HAND. Hier leer die laerskoolkinders meer van God en Sy Woord (kop), sodat hulle dit deel van hulle lewens kan maak en lief kan word vir God en hul naaste (hart) en uit dankbaarheid God kan dien (hand). 
n Span toegewyde kategete lei die kinders op hierdie pad met liefde en entoesiasme. 

Elke Sondag is daar eers opening met sang en gebed; en die verjaardagmaats vir die week word ook toegesing! Daarna verdaag elke graadgroepie na sy klas. 
Daar word elke kwartaal 'n aksie gereël vir ons laerskoolkinders wat gratis bygewoon kan word. In die eerste kwartaal het die teologiese student Wilhan 'n pretdag met die kinders gehou, met allerhande aktiwiteite, swem en hope eetgoed. Hy het ook vir hulle 'n maklike manier geleer om die 10 gebooie te onthou. 
In die tweede kwartaal beplan ons 'n daguitstappie na 'n avontuurkamp - dit beloof om 'n onvergeetlike dag te wees! Hou die nuusbrief dop vir meer inligting. 
In die derde kwartaal gaan ons weer saam met die koningskinders ysskaats en in die laaste kwartaal beplan ons 'n speletjiesaand.

Jeugbediening—Laerskool