
|
Nuusbrief |
|
Verjaarsdae
Veels geluk aan almal wat hierdie week verjaar. Mag dit 'n geseënde jaar wees! |
e-Nuusbrief 16 November 2008GEDAGTE VIR DIE WEEK:““Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” Markus 10:14
EREDIENSTYE:DAAR IS TWEE OGGENDDIENSTE, OM 08:00 EN 10:00 EN DIE AANDDIENS OM 18:00.BEDIENING:'n Kort opsomming van eergister se preke volg. As jy enige navrae daaroor het, bel of e-pos asseblief die betrokke predikant. Prediker - Oggenddiens (8:00): Ds Charl van Rooy (charl@gkrandburg.org.za); Waarom gryp God nie dadelik in en verander my lot nie? Het Hy my dalk vergeet, hoor Hy nie my gebed nie of het hy dalk sy mag verloor? Dit is die vrae wat Juda – in hulle nood – kon vra. Assirië was besig om te groei tot ‘n wêreldmoondheid en het Juda in die suide bedreig. Jesaja jaag egter die Etiopiërs, wat ‘n bondgenoodskap in hulle nood aanbied en hulle sou kon beskerm, weg. Die profeet wys die Jode daarop dat hulle geloof moet stand hou, dat hulle op God moet vertrou. Gelowiges in Noord-Israel het ook vertrou – maar hulle is weggevoer! Jesaja sê hulle moet wag op God se hulp, na bo kyk – dit terwyl Jerusalem beleër word en verskrikking op hulle wag. Daar is net hittegolwe en vlieswolke te sien wanneer hulle na bo kyk. Waar is God dan? Gelowiges se noodkrete, smeekgebede en oproep tot geloof staan teenoor ‘n groot stilte vanuit die hemel. Dit bring baie spanning in ons lewens. Die kere wat God wel praat voel soms onbeduidend min. Ons spanning lê in onbeantwoorde gebede - vir genesing, vir ons kinders se geestelike welstand, vir vrede en orde, vir verligting in eensaamheid en lewenskrisisse, vir die vervolging van God se kerk. Die lyk of die swaarkry net erger word. Selfs gelowiges voel hulle hoop tevergeefs op . beloftes van ‘n almagtige God wat nie waar word nie. Soos donderslae wat deur die hemelruim skeur kom God se woord hieroor vir almal om te sien en hoor - om hulle met ontsag te vul. Hy sê: “Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek”. Dit dui nie op nalatigheid of onvermoë nie. Sy rustig wag is ‘n weldeurdagte beslissing – hy hou Hom doelbewus in. Die “aanskou uit my woonplek” is ‘n opmerksame noukeurige ondersoek. In sy “wag en aanskou” stuur Hy steeds alle dinge, presies volgens Sy goddelike tyd en plan. Destyds het die hittegolwe (son - energie) en miswolke (dou - vogtigheid) ongesiens die groei van die wingerd tot rypheid bewerkstellig. God se “wag en aanskou” uit die hemel is sy kragtige werking waardeur die oes ryp word vir oordeel en verlossing. God se skynbare afwesigheid in ons lewe is ‘n aktiewe stilte wat ryp maak! Vir eeue was die hemele stil - “maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur”. Jesus het ook God se stilte beleef toe hy gesê het: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” - en daardeur seker gemaak dat die hemel nooit weer vir ons stil-geslote sal wees nie. Bid dat die Heilige Gees die lewewekkende energie van die sonstrale, die lafenis van die dou – die tinteling van sy Teenwoordigheid – op jou vel sal laat voel! Ons kan geduld hê binne God se wag-tyd want Sy “rustig wag en aanskou” is Sy geduld met ons - wat ons tyd gee om te vlug na Jesus toe voordat Hy finaal oordeel. God se optrede het destyds die heidense Etiopiërs so verander dat hulle Hom op die Sionsberg vereer as die ware God. Kan ek en jy sê: “Hoop op God, in Hom weer rustig! In sy lof sal ek my verlustig”?
Preacher - morning service (10:00): Rev Kwena Semenya ( kwena@gkrandburg.org.za ); Do you know how special you are before the eyes of God? God give us assurances of this by saying to us that Christ redeems us. Peter comforts the "elect of God" scattered in North Asia amidst persecution and suffering for their faith. By being mentally alert, watchful of spiritual enemies and temperate in behaviour they would be ready like warriors encouraged by God's assurance that he redeems them through Christ. In today's world everything is measured by it's cost – crime, bills, expenses etc. How much does our redemption through Christ cost? It was not paid for through perishable things. The cost was the precious blood of Christ, the life of his Son. How great is the love of God for us! Through our redemption by Christ, God calls us to be holy, as He is holy. Can we be holy like God on our own? No – holiness is not from self – God changes us, makes us new by the Holy Spirit within us. Holiness does not mean we are ignorant – we do not have any excuse for doing wrong. We must anchor to the promises of God when everything would be revealed with the return of Jesus Christ. Holiness neither means that you live outside yourself. We are sober and think clearly because of the Holy Spirit within us. The Holy Spirit makes us holy to be obedient. Because Jesus Christ saved us we have to revere God and bow down before him. Since we have been redeemed and made holy by God through Christ we must love one another. Peter speaks of sincere, whole-hearted, earnest and unconditional love. Because God our Father is love – we cannot be otherwise than loving each other - it is an expression of our experience of God's love. We love by giving ourselves – like Jesus did for his church. Let us live holy lives because our Father is holy. He saved us through his Son and gave us his Holy Spirit
|
|
Prediker - Aanddiens: Ds. Koos Saayman (koos@gkrandburg.org.za); God sê deur alle eeue: “Laat daar lig wees.” So het Hy geskep, so was Hy in die vuurkolom vir die Jode uit Egipteland. Totdat Jesus oor Homself getuig: “Ek is die lig vir die wereld.” En: “Wie my volg sal nooit in die duisternis lewe nie.” Jesus laat ook die blinde man sien – maar meer as net sien, Christus word vir hom die lig. Die Farisiërs verwerp die lig en dit is juis wat Jesus gesê het: Elkeen sal moet besluit of hy die lig aanvaar of nie. As ons die Lig aanvaar moet dit ook begin skyn op al die donker kolle in my lewe. Dit is die plekke waar die Satan my wil laat skade lei. Die Satan het die uitstaande vermoë om hom as die lig voor te doen – soos met Dawid se lewe. Net God se lig openbaar die duisternis in ons. Jesus se lig alleen kan ons verlos. Sy lig op ons sonde wil ons juis van die sonde bevry sodat ons kinders van die lig kan wees. Dit dan met ware blydskap in ons harte. Hierdie verlossing is vir ons verseker deur die duisternis aan die kruis. En daardeur is daar vir ons ewige lig! Dit is nie te koop nie, dit word ontvang deur hulle wat Hom aanvaar in kinderlike geloof en leef met volle geloofsoorgawe. Is Hy die lig in jou lewe wat jou oë oopmaak vir die donker kolle in jou lewe? Lei jy ander vanaf die ligbron na die ware Lig toe? Openbaring vertel ons van die nuwe stad wat geen lig nodig het nie - Jesus Christus is die Lam wat Ewige Lig sal gee. Die Lig het ons nou reeds.
Hierdie preke sal binnekort beskikbaar wees op die webwerf by www.gkrandburg.org.za AMPSWERK· DOMINEES EN KERKKANTOOR SE DOEN EN LATE: · Ds. Thomas preek vanoggend by die Gereformeerde Kerk Linden. · GEBEDSGROEP MAANDAGAANDE: Hierdie gebedsonderwerpe word geplaas met die bedoeling en bede dat u, waar u nie Maandagaande by ons kan wees nie, gedurende die week in u persoonlike gebede ook dít wat hier genoem word, wil opdra aan die troon van Genade.
INTERNASIONALE DAE VAN GEBED VIR DIE VERVOLGDE KERK Van 9 tot 16 November word die IDOP (Internasionale Dae van Gebed vir die vervolgde Kerk) gevier. Vandaar dat ons effens afwyk van voorbidding vir ons eie gemeente alhoewel ons slegs net ʼn paar lande kan aanstip waar Christene vervolg word, (weens beperkte spasie).
Die grond van ons gebed “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ʼn krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.” (Romeine 1:16)
Ons dank, aanbid en bid · Ons dank die Here dat Hy aan ons die geleentheid gee om deur ons voorbidding ons medebroeders en –susters wat vervolg word deur ons gebede te ondersteun. · Ons het ʼn dringende pleidooi ontvang van Christene wat intense vervolging in Irak ervaar. “Die afgelope paar weke verkeer Christene onder druk van terroriste om hul stad te verlaat. In Soekar, (ʼn Christenbuurt in Mosoel, Noordelike Irak), het ʼn motor met ʼn luidsprekerstelsel deur die strate gery en Christene beveel om pad te gee. “Alle Christene moet die stad onmiddellik verlaat, anders sal julle doodgemaak word.” Tienduisend Christene het uit die stad gevlug, hoofsaaklik in die nag… net met die klere wat hulle aangehad het. Baie mense is doodgemaak.” Ons moet as gemeente saamstaan om, in die geloof en deur gebed, hulle te hulp te snel wat, terwille van hulle geloof en liefde vir Jesus, die lyding moet verduur. · Colombië. Gedurende die afgelope paar jaar is predikers en evangeliste doodgemaak en kerke gesluit deur paramilitêre groepe wat vyandig teenoor die Christendom is. Ons bid vir die gelowiges in vlugtelingkampe en dat deur die getuienis van kerke, wat deur insypelinggroepe geteiken word, baie rebelle Christus sal aanneem. · Indië. Dank die Here! Verskeie kerkgenootskappe het verenig in reaksie op antibekering-wette. Daar is talle berigte van aanvalle op kerke, ontvoerings, inhegtenisnemings, intimidasie en ontheiliging van aanbiddingsplekke. Ons bid vir die Here se beskerming en liefde. · Iran. Alhoewel godsdiensvryheid gewaarborg is, meld baie gelowiges in hierdie oorwegend Moslem-georiënteerde land, vervolging, teistering, diskriminasie en gevangenisstrawwe aan. Ons bid vir nuwe gelowiges, dat hulle die vrymoedigheid sal hê om te getuig, bymekaar te kom om die Bybel te bestudeer, die nodige hulpbronne sal hê, krag en wysheid sal ervaar wanneer hulle in hegtenis geneem en ondervra word en nooit sal twyfel indien die doodstraf hulle opgelê word nie. · Vir ons gemeente wil ons die kamp van die Koningskinders komende naweek aan Hom opdra. Mag die Here met die leiers wees dat hul liefde vir Jesus aan die kinders oorgedra sal word. Lofverheffing “Dit verseker Ek julle, vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” (Matteus 25:40) . Die gebedsgroep is nie ʼn ‘diensgroep’ nie. Nogtans is dit ons begeerte om u te dien. As u enige gebedsversoeke het, skakel Piet Buizer of Lizette van Wyk of e-pos na pbuizer@deviware.co.za
NUUS VAN ONS DIENSGROEPE· Engelse Erediens
· Ons het weer ons kwartaallikse Engelse erediens vanoggend om 10:00.
· Kerssangdiens – 16 November
· Onthou asseblief van ons jaarlikse Kerssangdiens vanaand, net na die aand erediens. Alle voorskoolse kinders moet asseblief om 4uur op die 16e November by die kerkgebou wees om vir ’n laaste keer saam te oefen.
· Susters kuier Donderdag saam
· Almal vir wie dit moontlik is, is welkom om eerskomende Donderdag, 20 November, vir oulaas vanjaar gesellig te kom saamkuier in ons kerksaal. So van 10:00 tot 12:00 deel ons met mekaar die Here se genade in ons lewe en ondersteun ons mekaar. Almal is hartlik welkom! Kontak: Rieks Botha
· GKSA Almanak 2009
· Die Almanak van 2009 is in die portaal beskikbaar. Daar is 'n houer waarin jy jou donasie van R40 kan plaas. Daar is baie sinvolle dagstukkies in die Almanak wat jy vir jou daaglikse stiltetyd kan gebruik.
· Geloftediens: Dinsdag 16 Desember 2008
· Daar sal op Dinsdag 16 Desember 2008 'n Geloftediens vanuit ons kerk gehou word. Dit vind plaas om 09:00 en Ds. Thomas Dreyer sal die diens lei. Maak dit asb. bekend onder julle vriende, familie en kennisse.
· Moederskamers
· Ons herinner ons ouers met kleuters daaraan dat die moederskamers daar is om dit vir julle en julle kindertjies moontlik te maak om aan die erediens deel te neem. Probeer dus asseblief om te midde van die kleingoed se woeligheid ’n gewyde atmosfeer te handhaaf.
· Ons vra ook dat die moederskamer aan die linkerkant (soos jy by die kerkgebou inkom), gereserveer word ma’s wat borsvoed. En dat gesinne waarvan die pa’s ook in die moederskamer sit, asseblief in die vervolg van die regterkantse moederskamer gebruik sal maak.
· Bybelklassie 2009
· Die Voorskoolse Bediening Diensgroep wil graag volgende jaar 2 Bybelklassies per erediens aanbied. Een vir die 2-4jariges en ’n aparte een vir die 4-5jariges. Om dit egter te kan regkry het ons meer aanbieders nodig. Enigiemand is welkom om te help. Die kurrikulum is reeds uitgewerk en ons help mekaar waar ons kan. As jy geroepe voel om ons hierin te help (of net meer inligting wil hê), kontak asseblief vir Erna by erna@gkrandburg.org.za
· B-Wyke eet saam
· Almal wat in die B-wyke is, (werkende persone wie se kinders reeds uit die huis is) word genooi om na die tweede diens op Sondag, 23 November, saam te eet in die kerksaal. Ons is besig om doelbewus geleenthede te skep waar ons kan saam kuier en mekaar beter kan leer ken. Ons vra dat jy/julle dit sal bywoon indien dit enigsins moontlik is. · Elkeen bring die volgende saam: · Eetgerei (Mes, vurk, lepel, borde, nageregbakkies en glase) · Een vleisgereg · Een slaai · Eie drinkgoed · Die nagereg sal voorsien word.
Laat weet asb vir Gert/Mariaan of vir Koos/Corlia of julle dit kan bywoon ter wille van die voorbereidings. Ons sien uit na 'n lekker kuier soos verlede keer!
PREKE OP CD: Preke van die eredienste kan bestel word op CD, om weer daarna te luister of vir iemand te gee wat ’n behoefte aan die boodskap het. Kontak Marietjie Brits (djbrits@iafrica.com) of vra by die inligtingstoonbank.
MEELEWINGLaat weet asseblief die Kerkkantoor van alle lief en leed. So kan ons mekaar ondersteun deur gebed en hulp. Skakel 011 789 6528 of stuur 'n e-pos na randburg@gkrandburg.org.za.
· Ons dink aan Franci Viljoen wat weer baie pyn verduur. · Baie sterkte aan Anneke Vorster wat die 2de Desember ’n rugoperasie moet ondergaan. · Ons is dankbaar dat Alida Joubert en George van Biljon na hul operasies tuis aansterk. · Baie geluk aan Kobie en Rynette van der Merwe met die geboorte van hul seuntjie, Etienne. · Aan al die dierbare vriende in ons gemeente wat my in woord en daad en bederfies bygestaan het sê ek baie, baie dankie – dit beteken so baie. Here, ek dank U vir die pragtige boodskap wat U in Thomas se mond gelê het op 26 Oktober voor ek hospitaal toe is. Josua 1:9 “Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” My bang het verdwyn en ek is kalm die operasiesaal binne. Ek dank die Here vir my wonderlike man, kinders, kleinkinders en Gladys. ʼn Groot dankie vir julle liefde en al die kussinkies waarmee julle die seer en ongemak baie minder gemaak het en nog steeds doen. Alida Joubert
Laat weet asb. die Kerkkantoor van alle lief en leed. So kan ons mekaar ondersteun deur gebed en hulp. Stuur 'n e-pos na randburg@gkrandburg.org.za.TERUGVOERHet jy dalk 'n opinie oor enigiets in hierdie e-Nuusbrief? Ons hoor graag van jou! Maak asseblief kontak met die Kommunikasie-diensgroep by randburg@gkrandburg.org.za.. Indien jy die volledige nuusbrief wil ontvang, stuur e-pos aan Ila by randburg@gkrandburg.org.za. |
Kollektes volgende SondagOnder die diens: Diakonie - Hulle gebruik dit om uit te reik na ander en ons te lei in die belewing van die gemeenskap van die gelowiges.
By die deure: Studentekas Teologiese Skool Potchefstroom
Belangrike datums<< Sien by Algemene Inligting >Kalender op webblad>> |
|
Sondag, 16 November |
|
Jeske Wellmann |
|
Paul Strauss |
|
Maandag, 17 November |
|
Elria Coetzee |
|
Kobie Van der Merwe |
|
Jan Du Plessis |
|
Jurgen Hanekom |
|
Louwki Coetsee |
|
Dinsdag, 18 November |
|
Ida Kruger |
|
Stef Fourie |
|
Elaine Van Biljon |
|
Ricus Venter |
|
Woensdag, 19 November |
|
Esbert Venter |
|
Daan Van Wyk |
|
Marius Jansen |