
|
Oor Ons |
|
Ons is ‘n jong, dinamiese stadsgemeente, begenadigd deur ons Hoof, Jesus Christus, om God Drie-enig te dien.
Alhoewel sowat 60% van ons 1300 lidmate jonger as 40 jaar is, is ons volwasse genoeg om te weet dat dit die Here is wat elkeen, oud of jonk, huisgesin of enkellopend, ryk of arm, die gawes en die geleentheid gee om diensbaar in sy kerk te wees.
Ons leef gereformeerd wees uit, deur steeds te reformeer, te vernuwe en bedieninge te verbeter.
Die Here roep jou om hierby aan te sluit, om opnuut jou tot Sy diens te verbind. |



