Jeugbediening—Voorskool

Text Box: Elke Sondagoggend kom die 3 – 6 jarige kleuters bymekaar tydens die agtuur en tienuur diens.  Daar leer die klein mensies van God, Jesus, die Kerk en die Bybel op hulle ouderdomsvlak.  Ons sing, bid, lees en dan gee die kleuters op verskeie maniere weer wat hulle daardie oggend behandel het.  Hulle doen dit deur te teken, te knip, te plak en soms selfs deur modellering.  

Wat sê ons kleuters wat gebeur by die Bybelklassie?:
Ruan:  “Ons leer van God”
Morne: “Ek wil graag alles vertel wat die week gebeur het, maar moet stilbly en luister na die Woord van die Here”
Paul: “Die tannie het my vertel waarvoor ek alles moet bid en dankie sê”