Back to Top

Sê en doen alles in die Naam van die Here Jesus!

Download Audio:

Datum:
2019-07-14
Scripture:
Jeremia 23 en Kolossense 1
Speaker:
Sermon Notes:

Die Woord van die Here kom tot ons uit die brief aan die Kolossense. Die brief het 2 duidelike dele. Die 1`e beskryf ons verlossing in en deur Christus (1:3-3:4) en die 2`e deel hoe Christus ons lewe verander en vernuwe. Ons teksvers is `n algemene riglyn wat verlostes oproep tot `n lewe in en saam met Christus. Wat julle ook al sê en doen - sê en doen dit alles in die naam van die Here Jesus!

Enkele opmerkings wat ons ter harte moet neem:

  • Ons woorde is deel van ons dade
  • Aan wie word die opdrag gegee: Gelowiges saam
  • Omvang die opdrag: Alles wat ons ookal sê of doen
  • Die opdrag - sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus!
    Al ons woorde en ons dade moet:
    • aan Jesus verbind wees;
    • Jesus verteenwoordig;
    • onder sy heerskappy gesê en gedoen wees!
  • Die opdrag - moet nou gedoen word!
    • Ons/jy het `n keuse - wat kies jy?
  • Mag al ons/jou woorde - Jesus woorde wees!
  • Mag al ons/jou dade - Jesus dade wees