Back to Top

Identiteit: Ken jou ware identiteit

Download Audio:

Datum:
2019-07-21
Scripture:
Matteus 3:13 - 4:11
Speaker:
Sermon Notes:

Wie is ek?
Van kleins af worstel elke mens om antwoorde op hierdie vraag te vind.
Die antwoorde wat ons ontvang en aanvaar, bepaal ons identiteit - en ons identiteit bepaal op sy beurt weer in 'n groot mate hoe ons ons gedra.


In ons Skrifgedeelte sien ons drie verkeerde en verleidelike antwoorde wat Satan voorstel:
a) Jy is wat jy kan doen.
b) Jy is wat die mense oor jou sê.
c) Jy is wat jy besit.


Jesus weerstaan al hierdie verkeerde antwoorde en wys hulle af.
In die plek daarvan omhels Hy sy ware identiteit as geliefde Seun van God. Hierin lê ook die geheim van ons ware identiteit. Wie dit leer ken en aanvaar, vind vrede en geluk.