Back to Top

Jesus Christus moet meer word vir ons, in ons en deur ons.

Download Audio:

Datum:
2019-10-13
Scripture:
Johannes 3:22-26
Speaker:
Sermon Notes:
Ons lewe gaan baie oor wie die belangrike is, ek of jy. Ons wil almal dus meer wees. Slegte nuus né? Die goeie nuus is dat God dit kom verander!

1.   Jesus Christus moet meer word Vir ons, in ons en deur ons.
  • God die Vader stuur in Sy liefde Jesus Christus vir ons om aan ons 'n nuwe lewe te skenk.
  • Jesus Christus is die Bruidegom vir ons as Sy bruid.
  • Hy offer Homself op vir ons en oorwin ons van ons sondedood.
2.   Jesus Christus moet meer word vir ons, IN ons en deur ons.
  • Die Heilige woon en werk in ons sodat elkeen van ons kan glo dat Jesus Christus Sy lewe vir ons prysgegee het om die ewige lewe te ontvang.
3.   Jesus Christus moet meer word vir ons, in ons en DEUR ons.
  • Ons is die vriend van die bruidegom, Jesus Christus.
  • Ons moet minder moet word en in alles van ons lewe die aandag vestig op Jesus Christus, want Hy moet ook meer word vir alle mense.