Back to Top

‘n HEER-like lewe onder Sy kragtige hand!

Download Audio:

Datum:
2019-10-20
Scripture:
1 Petrus 5:5-11
Speaker:
Sermon Notes:
Met ons eie hande wil ons 'n toekoms vir ons oopwerk! Om dit reg te kry, is egter net so onmoontlik soos om die golwe van die see met jou twee hande te probeer keer!

1.   Onder sy kragtige hand...
  • Die Here ken ons krisis en verleentheid hiermee, daarom:
    Onderwerp julle in nederigheid aan die kragtige hand van God.
  • Dit is nie alleen 'n lewe onder sy hand (heerskappy) nie,
    • maar ook 'n lewe in én uit sy Vaderhand!
  • Daarvoor is Jesus se hande deurboor...
2.   'n HEER-like lewe!
  • Wie onder en uit sy kragtige hand leed, kom vry:
    • van die beheptheid met jouself en begin dien
    • van bekommernisse en spookagtige vrese
    • van die leeu-bek van die duiwel
  • Sien jy God se kragtige hand in die wêreld...?
Gelukkig lê die oorwinning van sy kragtige hand in God Self, wat ons sal vashou - tot in ewigheid! (vs.10)